Meer oor Winnie Rust Nel
Winnie Rust Nel is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres wat gespesialiseer het in drama-onderrig aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy het as onderwyseres gewerk by die De La Bat Skool vir Dowes in Worcester, asook die Curro privaatskool. Sy het ook internasionale onderwys-ervaring in Nederland, Engeland en Ierland opgedoen. Dit was in Nederland in 1998 toe sy die eerste keer blootgestel was aan die krag van stilte, toe sy ’n 13de eeuse Franciskaanse klooster besoek het.
Hier het sy eenvoudige sitmeditasies geleer, asook hoe om te luister na ander, sonder oordeel of vooropgestelde idees.
Sy het vir die afgelope 12 jaar ’n kinder dramaskool in Stellenbosch en gebruik MBSR tegnieke in haar dramaklasse. Hierdie klasse bied haar die ideale geleentheid om ‘n groot passie te realiseer, namens die aanname van Mindfulness-gebaseerde beginsels onder die jonger generasies.
Winnie het die rykdom en krag van Mindfulness ervaar tydens persoonlike trauma. Haar onderigstyl is deernisvol en empaties.
Waarom Mindfulness
Omdat ek uit persoonlike ervaring kan getuig dat dit werk.
Dit was tien jaar gelede met die besoek aan ‘n psigiater dat ek van die boek “Full Catastrophe living” van Dr. Jon Kabat-Zinn te hore gekom het. Ek het die boek onmiddellik bestel, aangesien ek desperaat was om enige iets te lees of te sluk wat my sou help met my angs en depressie. Ek het gedink ‘n boek is dalk goedkoper as kroniese medikasie. Toe ek die boek begin lees was ek so dankbaar dat daar ‘n alternatief vir angs- en depressiemedikasie is. Alhoewel stilte en meditasie jare al deel was van my daaglikse roetine was dit in Mei 2016 in die sesde week van ‘n ag-weke kursus dat ek vir die eerste keer die krag van ‘n mindfulness lewe begin ervaar het. Dit was 11 Mei, ‘n sonnige herfsmiddag in 2016 wat ek moes hoor dat my ma, Winnie Rust, ‘n skrywer van Wellington, vermoor is. Ek is die vorige aand by my mindfulness kursus aangemoedig om die mindfulness beginsel van radikale aanvaarding die komende week toe te pas. Min het ek geweet wat my week sou inhou. Sedertdien oefen ek daagliks hoe om moeilike realiteite te aanvaar nes dit is, aangesien dit reeds deel is van my lewe.
In mindfulness leer mens:
- Eenvoudige oefeninge wat mens help om te ontsnap uit die ratwerk van jou eie gedagtegange en lewenspatrone.
- Hoe om jou reaktiwiteit op stresvolle situasies te verminder en tegnieke wat jou liggaam laat ontspan uit die veg-en-vlug respons.
- Tegnieke om uit jou tonnelvisie oor jou probleme te klim en om eerder jou lewe direk en in die nóú te ervaar.
- Dat weersin in jou lewensrealiteit ekstra lyding veroorsaak.
- Hoe om jou eie realiteite te aanvaar sonder om energie te vermors deur kritiek, oordeel en weerstandigheid.
- Hoe om die speurder van jou eie belewenis te wees en jou intrinsieke wysheid te gebruik op die pad van selfgenesing.
- Om te let op jou gedagtes en wat die effek hiervan op jou emosies en liggaam is.
“Mindfulness is the awareness that arises from paying attention, on purpose, in the present moment without judgement.” – Dr Jon Kabat-Zinn